On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Yellow Door

Mense met ADHD maak die wêreld interessant (Deel 2)

───   ANSJA FERREIRA 11:23 Fri, 26 Sep 2014

Mense met ADHD maak die wêreld interessant  (Deel 2) | News Article

Ansja Ferreira het nabye ervaring met mense wat ADHD het. Die keer vertel sy ons meer van as volwassenes nog die aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit het. In Deel 1 het sy oor kinders gepraat.


As ‘n mens die beste maak van dit wat die lewe vir jou uitgedeel het en boonop dinge positief aanpak en ‘n tikkie humor daarby voeg, kan jy selfs ‘n uitdaging soos ADHD en hiperaktiwiteit vir jou, pleks van teen jou laat werk.
 
‘n Mens hoor dikwels van kinders met ADHD, maar vergeet dat daar ook baie grootmense is, wat aan die sindroom ly en geleer het om daarmee saam te leef.
 
My oudste seun is eers op 16-jarige ouderdom met hiperaktiwiteit en ADHD gediagnoseer. Sy simptome was baie vreemd en ons het eers nie geweet wat aangaan nie. Hy het baie min geslaap, was die heeltyd aan die gang en sy brein kon nooit afskakel nie. Hy het die heeltyd aan klomp goed op een slag gedink en was met meer as een ding op ‘n slag besig. Hy wou heeltyd iewers gaan, asof hy rooimiere het. Hy kon nie stilsit nie en het heeltyd gevroetel en wou net gaan rondloop in die winkels. Toe hy leer bestuur het, was hy elke keer as ek wil ry, in die kar aan die stuur en kon ure rondry sonder om ooit moeg te word. Hy was ook baie aktief met rugby, karate, sang, kitaar, boereorkes, sang en gimnasium.
 
Ek het begin dink die kind is moedswillig en selfs ongeskik as hy nie luister na die opdragte wat ek hom gee bv. om iets vir my te gaan haal of sy bord in die kombuis te bêre na ete nie. Hy het gesukkel om opdragte klaar te maak omdat sy gedagtes heeltyd rondgespring het. Hy het ook goed begin verloor en op plekke vergeet soos skoolklere, rugsakke, sy selfoon en selfs geld. Gedurende die matriekvakansie het hy twee selfone verloor! Hy het twee keer sy tas by die skool verloor en moes ek gaan mooipraat by die skoolsekuriteit om die tasse gevind te kry waar hy hulle vergeet het. Hy het ook maklik “blanks” geslaan, soos eenkeer toe hy by die sangskool se konsert opgetree het, het hy sy woorde in die middel van die liedjie vergeet, wat hom ontsettend in die verleentheid gestel het. Hy het tog baie goed op skool gedoen, maar begin sukkel in vakke soos Wiskunde en Skeinat, waarvoor ons toe ekstra klasse vir hom gereël het. Hy het begin moedeloos en depressief voel oor hy gevoel het hy is anders as sy maats en omdat hy so gesukkel het.
 
Die skoolsielkundige het ons ontsettend baie gehelp en ondersteun en ons gehelp om by die psigiater uit te kom, wat hom uiteindelik gediagnoseer het en die regte middel vir hom voorgeskryf het. Sy het Strattera voorgeskryf, omdat sy van mening was dat Ritalin nie die regte middel vir hom sou wees nie. Die eerste ruk wat hy Strattera gebruik het, het hy newe effekte soos gewigsverlies en erge moegheid ervaar. Hy het sommige aande op sy skoolboeke voor sy lessenaar aan die slaap geraak en ek het hom vreeslik jammer gekry, maar dit nie vir hom gewys nie, eerder moed ingepraat en gesê hy moet vasbyt. Die newe-effekte het mettertyd vervaag en tans ondervind hy geen newe effekte van die medikasie nie. Vir die matriekeindeksamen het hy ook tydelik Ritalin saam met die Strattera gebruik om sy konsentrasie te verskerp, maar dit weer gestaak na die eksamen. Hy het matriekvrystelling gekry met onderskeidings in Engels en lewensoriëntering.
 
Sy ADHD is nou onder beheer. Hy moet nog steeds hard werk en om stil te sit om te leer is vir hom baie moeilik, maar dit gaan al baie beter. Hy het baie vriende en is lief om te sosialiseer. Sy maats weet almal van die ADHD en diskrimineer glad nie teenoor hom nie, inteendeel hulle maak grappies daaroor. By die verwelkomingstoespraak by die Universiteit van die Vrystaat in die begin van hierdie jaar, is die eerstejaarstudente gelukgewens en daar is genoem dat baie voornemende student weggewys moes word, want net die bestes is gekeur om aan die Universiteit te studeer. En my hart het geswel met trots, want ondanks die uitdagings waarmee hy gesukkel het op skool, is my seun gekeur vir die graad B. Ed aan die Universiteit van die Vrystaat vir 2014 en ek glo dit gaan hom lekker besig hou. Hy is nie gemaak vir kantoorwerk nie, meer vir werk met mense en heeldag besig wees.
 
Een van die voordele vir hom is dat hy kan kuier tot die oggend 01h30 en dan met ‘n bietjie slaap kan regkom om die volgende oggend 07h00 by die Universiteit te wees vir sy klasse en selfs toets te kan skryf en boonop goed te doen daarin. In die Junie eksamen het hy drie onderskeidings gekry en selfs sy Afrikaans-en Nederlands gepromoveer, wat beteken dat sy predie bo 80% en goed genoeg was om nie te hoef eksamen skryf nie. Ek het self ook eienskappe van ADHD/hiperaktiwiteit, maar was nog nooit daarmee gediagnoseer nie, omdat in die jare toe ek grootgeword het niemand eintlik daarvan geweet het nie. Ek het byvoorbeeld ‘n hoë energievlak en my gedagtes spring ook heeltyd rond. Ek verloor maklik my konsentrasie in gesprekke, veral as iemand lank en baie praat en het mense hul al vreeslik vererg, as hulle sien ek luister nie vir hulle nie. Boonop sukkel ek om te werk as ek terselfdertyd na musiek luister en moet in totale stilte werk, maar as ek iets soos musiek, waterdruppels of dieregeluide hoor, trek dit onmiddellik my aandag af. Dan moet ek opstaan, ‘n draai gaan loop, gaan koffie maak en myself motiveer om te konsentreer op my werk. My jonger broer het as kind Ritalin gedrink. Hy is vandag ‘n suksesvolle fotograaf en kunstenaar, wat heeltyd met ‘n klomp projekte besig is. Verlede jaar het hy in Amerika gaan toer waar hy een van die skrywers van ‘n “comic book”- The adventures of Sir Charleston Columbus was wat uitgestal was by die Comic Con in San Diego en was hy gevra om van die boeke te teken deur Comic Con bewonderaars.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.