On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Africa News

Voormalige Gambiese president ontruim amp

───   07:01 Sun, 22 Jan 2017

Voormalige Gambiese president ontruim amp | News Article
Die voormalige president van Gambië, Yahya Jammeh

Die voormalige president van Gambië, Yahya Jammeh, het uiteindelik ingestem om sy amp te ontruim ná gesprekke met Wes-Afrika-leiers.


Volgens Reuters het Jammeh in 'n onderhoud op staatstelevisie gesê die besluit om die amp wat hy vir 22 jaar beklee het, te verlaat, was sy eie.

Wes-Afrika-leiers het na Gambië gereis om Jammeh te oorreed om die leisels oor te gee aan Adama Barrow wat die verkiesing op 1 Desember gewen het.

Jammeh het sedert die verkiesing geweier om die verkiesingsuitslag te aanvaar.

Barrow is Donderdag ingehuldig. Lidlande van die Wes-Afrika Ekonomiese Gemeenskap het reeds magte na Gambië gestuur om indien nodig, Jammeh met geweld te verwyder.

Reuters

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.