On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

agri fokus

Agri-Noordwes hou kongres: Foto's

───   16:38 Wed, 03 Sep 2014

Agri-Noordwes hou kongres: Foto's | News Article
 
Weldoeners wat Noordwes se boere in verlede jaar se knellende droogte met voerskenkings en die vervoer van hulpvoer gehelp het, is op Agri-Noordwes se kongres bedank en vereer.  Van links is Carl Opperman van Agri-Wes-Kaap wat  ’n leidende rol gespeel het met die reël van voerskenkings en die aanry daarvan deur Transnet Freight Rail, Naudé Pienaar, onderhoofbestuurder van Agri-Noordwes wat saam met die hoofbestuurder, Boeta du Toit, deur Desember gewerk het om hulpvoer by boere te kry, Boetie Viljoen van Tau Milling op Leeudoringstad wat voer geskenk het, HP Smit, groenteboer van Komatipoort, wat baie voer geskenk en laat aanry het, en Albert Swart, van Transnet Freight Rail in Mpumalanga wat treine vir hulpvoer uit dié provinsie beskikbaar gestel het. Verskeie ander weldoeners is ook bedank en vereer. Agri-Noordwes se uitredende president, Cor Jansen van Vuuren, het gesê die hulp was enorm en dit is onmoontlik om te bereken hoeveel vee hierdeur gered is. 
 
 
 
Cor Jansen van Vuuren (regs) en Flip le Roux (links) het onderskeidelik as president en adjunk-president van Agri-Noordwes uitgetree. By hulle is Marlon Abrahams, die landboumaatskappy Senwes se nuwe kommunikasiebestuurder wat ook die kongres bygewoon het. Senwes was die hoofborg van die kongres wat van Dinsdag tot vanmiddag buite Rustenburg gehou is. 
 
 
 
Agri-Noordwes se nuwe president Pierre Vercueil (regs) en die nuwe vise-president Daan van der Merwe (links). Albei is bekende leierboere van Noordwes. By hulle is Boeta du Toit, Agri-Noordwes se hoofbestuurder. 
 
 
 
Noordwes se landbou-LUR, Manketsi Tlhape, het vandag op Agri-Noordwes se kongres buite Rustenburg haar steun aan dié landbou-organisasie en sy boerelede toegesê en nouer samewerking vir landbougroei in dié provinsie bepleit. Van links is Poncho Mokaila, hoof van Noordwes se landboudepartement,  Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri-Noordwes, LUR Tlhape en Agri-Noordwes se nuwe president, Pierre Vercueil. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.