On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

agri fokus

Welkom by Nampo Oesdag 2015

───   08:39 Wed, 13 May 2015

Welkom by Nampo Oesdag 2015 | News Article

Owen Kock
 
Ek voel skoon soos ‘n landbouer, ‘n boer, ‘n plattelander, of kom ons sê maar sommer, ‘n Nampoër.
Dis die vyfde keer dat ek die Nampo-oesdag (49ste) buite Bothaville bywoon. Elke jaar is ek meer verbaas as die vorige. Pragtige perde, reuse-beeste, skape en bokke.
 
Nampo-oesdag is sinoniem met alles wat groot is. Dit is immers die grootste landbouskou in die suidelike halfrond en een van die tien grootstes in die wêreld. Miljoene rande word spandeer om dit ook een van die beste skoue in die wêreld te maak.
 
Net van die beste uitstallers word genooi en dit is duidelik waarom. As daar na die uistallings gekyk word, kan jy sien deelnemers aan die skou is hier om sake te doen en nie net om te kom spog nie.
 
OFM word redelik goed verteenwoordig by Nampo. Van ons buiteuitsendingseenheid wat regstreeks vanaf Nampo uitsaai, tot ons omroepers wat Graan SA Radio bedryf. Daar is dan nog ek en Sabrina Dean, wat tussen ons twee nuusbulletins, ‘features’ ens. saamstel om OFM en Graan SA Radio met inligting te voer – en ons love dit.
 
Dit is nou maar dag een. Ons het eers gisteraand na 19h00 hier weggekom, op die dag wat die skou nie eers amptelik begin het nie. Op pad uit loop ons iemand raak en daar word daar en dan nog ‘n onderhoud gevoer.
Vanoggend, sommer nog in die tou op pad na die hekke word daar vining weer ‘n paar onderhoude gevoer; alles om seker te maak ons mis nie nie iets nie.
 
Wat ons wel mis, is die goeie vloei van besoekers deur die hekke. Vanjaar word gebruik gemaak van ‘n elektroniese kaartjiestelsel om kaartjies te skandeer. Dit is vir besoekers ‘n groot kopseer, om nie eens van die uitstallers te praat nie. Hopelik is dit op die tweede dag iets van die verlede.
 
Wel, ons is nou hier by Nampo en hoewel dit bykans onmoontlik is om alles in vier dae te besigtig, gaan ons poog om vir julle soveel moontlike inligting en prentjies van Bothaville af te stuur.
 
 
Cyril Viljoen besig om uit te saai.
 
De Bull by sy geliefde OFM banier.
 
Graan SA Radio se gebou

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.