On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

agri fokus

Syngenta lewer Slim Boere by die 2015 Grain Academy-graduering

───   11:42 Thu, 02 Jul 2015

Syngenta lewer Slim Boere by die 2015 Grain Academy-graduering | News Article
 
 
Syngenta, een van Suid-Afrika se voorste agri-sake-maatskappy, verleen erkenning aan die 20 jong kommersiële produsente by hulle graduering aan die 2015 Grain Academy – ? drie maande lange leierskapprogram wat daarop gemik is die nuwe generasie produsent toe te rus met die vaardighede om die uitdagings waarmee ons landboubedryf te kampe het, die hoof te bied.  
 
Die gassprekers by hierdie jaar se seremonie was onder andere: Sakkie van Zyl, ? oudstudent van die Grain Academy en die Agri SA Toyota Jong Boer van die Jaar vir 2014,  Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, Dan Kriek, die president van Vrystaat Landbou, asook Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta SA.  
 
Antonie Delport het die afstuderende klas toegespreek en gesê: “In vennootskap met die Universiteit van die Vrystaat en met die steun van Graan SA is dit vir ons ? eer om ons gegradueerdes geluk te wens met die suksesvolle voltooiing van hierdie jaar se program. Ons moet spesiale melding maak van die twee vroulike afgevaardigdes wat deel van hierdie jaar se span was. Julle prestasie is bewys van die bydrae wat vroue tot ons landbousektor lewer.”  
 
Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, het bygevoeg: “Dit hang af van ons, wat passievol is oor die landboubedryf, om die baanbrekers te wees – dis ons verantwoordelikheid om vir die toekoms van die landbou te sorg deur die ontwikkeling van ons jonger generasie produsente. Dit is daarom noodsaaklik dat ons ons jong en vasberade produsente toerus met sterk leierskapseienskappe om die toekoms van die landbou in ons land te ontgin.”
 
Delport het ook gesê dat as dit ons grond en ons gewasse is wat volhoubaarheid vir ons planeet se toekoms gaan skep, dan is dit ons produsente wat ons daarheen sal dryf. Die feit dat ons tot hierdie besef gekom het, het gelei tot Syngenta se bekendstelling van die SmartFarm-veldtog wat in Mei hierdie jaar van stapel gestuur is: Die inboeseming van ? bewustheid dat absoluut elke besluit wat op die plaas geneem word ? direkte impak op die boer se winsgewendheid en volhoubaarheid het. Deur te belê in die ontwikkeling van leierskapkapasiteit deur sy Grain Academy-program bevestig Syngenta sy toegewydheid daartoe om Slim Boere vir die toekoms te bemagtig.
 
 
 
? Paar van die projekte waarmee daar vir die studente uitdagings gestel is, was werklike en aktuele kwessies waarmee die landboubedryf te kampe het, onder andere:
• Werkverlies en die noodsaaklikheid van werkskepping in die landbou teenoor toenemende meganisasie.
 
• Werknemervoordele met die fokus op beste praktyk ten opsigte van behuising, opvoeding, mediese en ander voordele vir arbeid.
 
• Grondhervorming en die negatiewe impak op die onsekerheid van landbou in Suid-Afrika, met inagneming van aandeelhouers se beleidsposisies, politieke verwikkelinge asook aandeelhouervoorstelle en -modelle.
 
• Opkomende boere-kapasiteit en die afwesigheid van doeltreffende kapasiteitontwikkelingsmodelle en onvoldoende steun aan opkomende boere ten opsigte van finansiering, eienaarskap en mentorskap, om maar ? paar te noem, binne die konteks van toenemende verwagtinge van grondeienaarskap.
 
 
 
Nadat Sakkie van Zyl die 20 gegradueerdes gelukgewens het, het hy verder beklemtoon dat ons in gedagte moet hou dat dit maar net die begin is – daar is nog ? lang pad wat vorentoe wag. “Dit is inderdaad nou die tyd om dit te vier, maar ons moet ook vinnig wees om dit was ons geleer het, toe te pas.”
 
“Die agri-wêreld verander voortdurend met nuwe uitdagings konstant op die horison. Dit is hoe ons die kennis wat ons deur die leierskapprogram verkry het, neem en hoe ons dan op daardie kennis voortbou wat eindelik die toekomstige sukses van die landbou sal bepaal,” het Dan Kriek, die president van Vrystaat Landbou, gesê.
 
Dit was nog altyd deel van Syngenta se doelwit om jong produsente te bemagtig en om hulle in te lig en aan te moedig om progressief te wees en hulleself te bevry van tradisionele boerderybenaderings. Syngenta verstaan, en hulle Grain Academy is bewys daarvan, dat die agri-tye waarin ons ons nou bevind, vereis dat produsente modern begin dink en bereid is om ? kontemporêre en wetenskaplik gesteunde benadering tot die toekoms van die landbou te volg.
Verklaring verskaf 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.