On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

VK-besluit was 'dom en op emosies geskoei' - Roodt

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:09 Fri, 24 Jun 2016

VK-besluit was 'dom en op emosies geskoei' - Roodt | News Article

Bloemfontein - Die hoofekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê die Verenigde Koninkryk se besluit om kop uit die EU te trek was dom en op emosies geskoei.



Roodt sê daar is geen ekonomiese of finansiële rasionaal vir die besluit nie, wat hoofsaaklik deur nasionalisme gedryf is.


Roodt vermoed die einde is nou in sig vir die Verenigde Koninkryk as geheel. Hy glo Skotland gaan waarskynlik binnekort die unie verlaat, met Noord-Ierland kort op sy hakke. Die enigste lande wat dan gaan oorbly, is Wallis en Engeland. Dit is moontlik die Britse ryk se laaste "stuiptrekkings".


Roodt sê die Brexit, soos verwys is na die uitgangspunt van die groep wat in die referendum ten gunste daarvan was om die Europese Unie (EU) te verlaat, se impak op Suid-Afrika se ekonomie kan deur 'n aantal potensiële kanale plaasvind.


Daar is baie onsekerhede met finansiële markte wat baie wisselvallig is. Dit is duidelik sigbaar in die swak rand en die styging van die goudprys wat reeds plaasvind.


Roodt meen daar is 'n goeie kans dat die Europese ekonomieë, wat Brittanje en die res van Europa insluit, se ekonomie beslis geraak gaan word deur die Britte se besluit. Baie van die lande is handelsvennote van Suid-Afrika. Ekonomiese veranderinge in die lande  gaan verseker 'n impak op Suid-Afrika se ekonomie hê.


Hy meen daar gaan ook 'n politieke verandering plaasvind in die wêreld en Suid-Afrika sal hom êrens moet posisioneer. Dit gaan op sy beurt weer implikasies inhou vir dié land in terme van handelsooreenkomste en uiteindelik sy ekonomie.


"Ek dink nie die heel belangrikste is die werklike impak op die ekonomiese of die finansiële markte nie, dit is bloot die onsekerheid. Niemand weet werklik wat gaan gebeur nie en dit opsigself lei tot 'n negatiewe invloed op enige ekonomie."


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.