On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Cricket

Knights stel visier op beter kolfwerk

───   MORGAN PIEK 08:54 Tue, 05 Apr 2016

Knights stel visier op beter kolfwerk | News Article
Johan Pretorius / Gallo

Die VKB Knights beoog om hul seisoen dié week op ‘n hoë noot af te sluit wanneer hulle die Dolphins in die Sunfoil-reeks pak.

Die Knights het nog ‘n buitekans om die reeks te beklink, maar moet egter die Dolphins in Durban klop, terwyl hulle sal hoop vir seges deur die Cape Cobras en Warriors teen die Titans en Highveld Lions.

Die Knights het die afgelope naweek lelik vasgeval in Kimberley toe hulle deur die Warriors met nege paaltjies geklop is.

Knights-kaptein, Werner Coetsee, het aan OFM Sport gesê dat hulle nou slegs op hul wedstryd gaan fokus.

“Ons het die goeie krieket die naweek gespeel nie, ons wou graag vier dae lank speel om vir onself die beste te kans te gee. Ons het nie goed gekolf om ‘n blad wat ‘n bietjie rond beweeg het nie.

“So hierdie naweek is ons onder ‘n bietjie druk om goed te speel, maar as ons ‘n resultaat kan kry kan ons tweede of selfs eerste eindig.

“Op hierdie stadium is dit ons kolwerk waarop ons moet werk, ons moet ons kolfwerk verbeter, veral in die eerste beurt.

“Ons boulers doen baie goeie werk, veral ons naatbouelers, hulle hou ons in wedstryde, so as ons ons kolfwerk net kan reg kry vir hierdie naweek dan kans ons ‘n goeie einde toer hierdie seisoen hê.”

Tans lyk dit onwaarskynlik dat die weer te veel van 'n faktor speel in die wedstryd.

Die wedstryd tussen die Dolphins en die Knights begin om 10-uur Donderdagoggend op Kingsmead, terwyl die Cobras en Titans in die Paarl teen mekaar te staan kom en die Warriors en Lions op St Georges-park kragte gaan meet.

Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.