On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Cricket

Titans wen Sunfoil-reeks

───   MORGAN PIEK 09:21 Mon, 11 Apr 2016

Titans wen Sunfoil-reeks | News Article
Ashley Vlotman / Gallo

Die Titans het die afgelope naweek die Sunfoil-reeks beklink met ‘n 10-lopie sege oor die Cape Cobras in die Paarl.

Die span van Pretoria het die titel Saterdagmiddag verower toe hulle die Cobras vir slegs 125 lopies uitgeboul het danksy sewe paaltjies vir 40 lopies deur die linksbouler, Rowan Richards.

Die kolwer, Heino Kuhn, het ‘n besonderse seisoen op ‘n hoë noot afgesluit en 127 lopies aangeteken om slegs die sesde kolwer te word om meer as ‘n 1000 lopies in ‘n seisoen in vierdag-krieket aan te teken.

Titans-breier, Rob Walters, is van mening dat die hele span dié seisoen tot hul sukses bygedra het.

Intussen het die VKB Knights derde in die toernooi geeïndig nadat hulle vir ‘n tweede opeenvolgende week vasgeval het.

Die Knights is in Durban met 118 lopies deur die Dolphins geklop.

Theunis de Bruyn en Marchandt de Lange van die Titans sluit nou by die Knights aan, terwyl die naatbouler Malusi Siboto nou hom by die Titans gaan aansluit.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.