On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Golf

Gary Player sink 31ste kolhou

───   MORGAN PIEK 08:55 Thu, 07 Apr 2016

Gary Player sink 31ste kolhou | News Article

Dit het gister kolhoue gereën by Augusta met spelers wat aan die tradisionale Par 3-toernooi voor vandag se meestersgholftoernooi deelgeneem het.

Amerika se Rickie Fowler, wat as ‘n toernooigunsteling beskou word, en sy speelmaat, Justin Thomas, het opeenvolgende kolhoue op die vierde gat gesink.

Nie minder nie as agt spelers het kolhoue aangeteken in dié vriendskaplike toernooi, waarvaan die 80-jarige Gary Player se hou sonder twyfel ‘n uitblinker was.

Suid-Afrika se Player, wat saam met Jack Nicklaus en Tom Watson van Amerika gespeel het, het die bal in een hou op die sewende gat vir sy loopbaan se 31ste kolhou gesink.

Dit was ook Player se vierde kolhou by die Meesters. Dit is ‘n rekord vir die toernooi.

Verlede jaar, toe dié drie spelers ook in die Par 3-toernooi saamgespeel het, het die Golden Bear, Nicklaus, ook ‘n kolhou geslaan.

Die 97ste Meestersgholftoernooi op die ikoniese Augusta word vandag afgeslaan deur Player en Nicklaus, ongelukig gaan die derde lid van die “Groot Drie”, Arnold Palmer, nie die bof betree nie.



Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.