On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Golf

Willett kraai koning op Augusta

───   MORGAN PIEK 08:55 Mon, 11 Apr 2016

Willett kraai koning op Augusta | News Article
Danny Willett - Kevin C. Cox

Engeland se Danny Willett het Sondagmiddag op Augusta in Georgia in die 2016-Meestersgholftoernooi koning gekraai.


Willett het tydens gister se laaste rondte vyf voëltjies aangeteken vir ‘n rondte van vyf onder baansyfer 67 om met drie houe oor sy landgenoot, Lee Westwood, en Amerika se Jordan Spieth te seëvier.

Die 28-jarige Willett het gebruik gemaak van 'n skouspelagtige ineenstorting oornag deur die voorloper, Spieth, om slegs die tweede Engelsman ná Sir Nick Faldo te word om die beroemde groen baadjie te dra en nagenoeg R27 miljoen in prysgeld te wen.

Willet, wat 10 dae gelede pa geword het, sê alles wat in die afgelope paar weke met hom gebeur het, gaan tyd vat om in te sink.

Willett het in 2014 die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City gewen en in Februarie die Omega Doebai Desert Classic op die Europese toer gewen.

Intussen was Louis Oosthuizen die voorste Suid-Afrikaner op vanjaar se eerste major en het hy met drie oor baansyfer die 15de plek met Thailand se Kiradech Aphibarnrat gedeel.

Oosthuizen het sy rondte op een onder baansyfer 71 geëindig, dit nadat hy op die 16de gat 'n ongelooflike kolhou gesink het.

Vroeër het Ierland se Shane Lowry en Amerika se Davisbeker-kaptein, Davis Love III, albei op dieselfde gat kolhoue aangeteken.

Louis Oosthuizen se kolhoue op die 16de.



Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.