On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Golf

De Smidt en Moore vuurwarm in Swaziland

───   MORGAN PIEK 08:17 Fri, 06 May 2016

De Smidt en Moore vuurwarm in Swaziland | News Article
Ruan de Smidt - Sunshine Tour

Ruan de Smidt het die voortou geneem op die Swazi Ope-gholftoernooi ná die tweede dag by die Royal Swazi Spa Buiteklub.


Dit was die spelers wat in die oggend afgeslaan het wat verrigtinge gedomineer het tydens die tweede dag van die toernooi met vier van die top-ses spelers wat vroeg op die bof was.

Ruan de Smidt het sonder twyfel die meeste van sy vroeë afslaantyd gemaak met ‘n indrukwekkende vyf onderbaansyfer 67 vir 14 punte volgens die Stableford-puntespel vir ‘n totaal van 27 ná twee rondtes.

Die Sonskyn-reeks veteraan, Titch Moore, was egter vuurwarm en het die beste rondte van die dag gehad met ses onderbaansyfer 66 vir 16 punte, wat hom gesamentlik in die tweede plek plaas met Danie Greene.

Moore en Greene is slegs ‘n punt agter De Smidt op 26 punte.

Van die spelers wat in die middag afgeslaan het, was Skotland se Doug McGuigan wat by Fancourt in George gebaseer is.

McGuigan lê gesamentlik in die vierde plek met 22 punte.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.