On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Golf

Els skiet 6 onder by Sawgrass

───   MORGAN PIEK 10:27 Fri, 13 May 2016

Els skiet 6 onder by Sawgrass | News Article
Ernie Els - Stacy Revere

Wêreld nommereen, Jason Day van Australië, was vuurwarm tydens die openingsrondte van die Spelers-kampioenskap op TPC Sawgrass in Florida.


Day het die baanrekord by Sawgrass geëwenaar met ‘n skitterende rondte van nege onderbaansyfer 63 om met twee houe oor Amerika se Cameron Tringale, Bill Haas, Brenden Steele, Ierland se Shane Lowry en Engeland se Justin Rose voor te loop.

Ernie Els was die voorste Suid-Afrikaanse speler op die toernooi en het ses onderbaansyfer 66 tydens die eerste rondte aangeteken.

Die Big Easy het verlede week by Wells Fargo gesukkel, maar is van mening hy het baie geleer uit die toernooi.

Els is bekend daarvoor om met die setstok te sukkel, maar is heel tevrede met die setspel tydens die eerste rondte.

Retief Goosen is op twee onderbaansyfer terwyl Branden Grace en Louis Oosthuizen gelyk aan baansyfer is.


Morgan Piek/OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.