On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Golf

Day kraai koning by Spelers

───   MORGAN PIEK 16:41 Mon, 16 May 2016

Day kraai koning by Spelers | News Article
Jason Day - Mike Ehrmann

Australië se wêreld-nommereen, Jason Day, het koning gekraai toe hy die Spelers-kampioenskap by TPC Sawgrass in Florida gewen het.


Day, wat van die eerste tot die laaste rondte voorgeloop het, het gister stadig begin, maar kon egter steeds Amerika se Kevin Chappell met vier houe troef met 15 onderbaansyfer vir die toernooi.

Die Australiër is van mening dat niemand hom ‘n kans gegee het om die toernooi te wen nie en dit was net ‘n groter motivering vir hom.

Die speler het bygevoeg dat hy altyd gevoel het enige telling laer as 14 onderbaansyfer was genoeg om te wen.

Retief Goosen het op sewe onderbaansyfer geëindig om die 12de plek te deel. Louis Oosthuizen was op drie onderbaansyfer in 28ste plek, Branden Grace het op drie oor baansyfer geëindig en Ernie Els was vier oorbaansyfer.

Morgan Piek/OFM-nuus


- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.