On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Golf

Wang klim weer op punteleer

───   MORGAN PIEK 16:52 Mon, 16 May 2016

Wang klim weer op punteleer | News Article
Jeunghun Wang - Stuart Franklin

Suid-Korea se Jeunghan Wang het nog 18 plekke op die amptelike gholf-wêreldranglys geklim ná afloop van die Mauritius Ope-gholftoernooi in Anahita.


Wang het gister vir ‘n tweede opeenvolgende week koning gekraai toe hy die toernooi met een hou gewen het.

‘n Week tevore het Wang die Throphee Hassan Deux-toernooi in Marokko gewen vir sy eerste sege as professionele speler.

Dit het daartoe gelei dat Wang van die 133ste tot die 88ste plek op die puntelys gespring het.

Wang het vandag tot die 70ste plek geklim ná afloop van sy sege.

Dié speler het gesê hy kan nie glo dat hy twee keer in ‘n ry gewen het nie.

Die Europese Toer skuif dié week na Ierland vir die Ierse Ope wat deur Rory McIlroy by die K-klub aangebied word.

Morgan Piek/OFM-nuus


- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.