On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Golf

Schwartzel maak terugkeer by Byron Nelson

───   MORGAN PIEK 06:40 Wed, 18 May 2016

Schwartzel maak terugkeer by Byron Nelson | News Article
Charl Schwartzel - Andrew Redington

Die 2011 Meesters-kampioen, Charl Schwartzel, sal dié week sy terugkeer tot die sport maak nadat hy die laaste ses weke ‘n blaaskans geneem het.


Schwartzel het laas op 8 April gespeel toe hy nie daarin kon slaag om die afsnypunt op die 2016 Meesters te haal nie.

Die 31-jarige speler slaan Donderdag af in die AT&T Byron Nelson op die TPC Four Seasons-oord in Las Colinas, Texas.

Schwartzel het in Desember en Januarie ook ‘n lang breek van die sport geneem en tydens sy terugkeer die Tshwane Ope in Pretoria gewen.

Ander Suid-Afrikaners wat aan die toernooi gaan deelneem, is Thomas Aiken, Ernie Els, Trevor Immelman, Tyrone van Aswegen en Dawie van der Walt.

Morgan Piek/OFM-nuus


- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.