On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Golf

Day onttrek ook uit Olimpiese Spele

───   MORGAN PIEK 10:03 Wed, 29 Jun 2016

Day onttrek ook uit Olimpiese Spele | News Article
Jason Day - Kevin C Cox

Die wêreld se nommer-een, Jason Day van Australië, het die jongste speler geword om te onttrek uit die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.


Dit kom enkele dae nadat Suid-Afrika se voorste speler en wêreld nommer 11, Brandon Grace, ook uit die toernooi onttrek het weens die Zika-virus.

Day het bevestig dat hy eerder in die Autraliese Ope-gholftoernooi saam met die wêreld se naasbeste, Jordan Spieth, van Amerika gaan speel.

Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel het vroeër ook uit die toernooi onttrek, maar as gevolg van skeduleringskwessies en nie weens die Zika-virus nie.

Die voormalige wêreld se nommer-een, Rory McIlroy, van Noord-Ierland en sy landgenoot, Graeme McDowell, het ook onlangs as gevolg van die virus onttrek.

Ander spelers wat ook reeds onttrek het, is die 2015 Nedbank Uitdaagtoernooi-kampioen, Marc Leishman van Australië, asook die 2013 Meester-kampioen, Adam Scott.

Vijay Singh, wat die 2000 Meesters en die PGA-kampioenskap in 1998 en 2004 gewen het, sal ook nie in Rio in aksie wees nie.


Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.