On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Golf

Player aangestel as SA kaptein vir Rio

───   MORGAN PIEK 15:22 Tue, 12 Jul 2016

Player aangestel as SA kaptein vir Rio | News Article
Gary Player - Morgan Piek

Die Suid-Afrikaanse en wêreld-gholflegende, Gary Player, sal die Suid-Afrikaanse gholfspan aanvoer wat aanstaande maand aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gaan deelneem.


Nadat Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Branden Grace hulself onbeskikbaar verklaar het vir die Spele, is Jaco van Zyl en Brandon Stone aangestel om Suid-Afrika in die manskompetisie te verteenwoordig.

Paula Reto en Ashleigh Simon sal aan die vroue-toernooi deelneem nadat Suid-Afrika se voorste vrouespeler, Lee-Anne Pave, weens vrese oor die Zika-virus onttrek het.

Die wêreld se voormalige nommer-een, Jordan Spieth van Amerika, het gister die jongste speler geword om te onttrek weens die Zika-virus en sekuriteit.

Die manskompetisie sal vanaf 11 tot 14 Augustus plaasvind terwyl die vroue-kompetisie tussen 17 en 20 Augustus sal plaasvind.


Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.