On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Broers wat in motor versmoor het, was geliefd

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:44 Wed, 03 Feb 2016

Broers wat in motor versmoor het, was geliefd | News Article

Bloemfontein - Die twee jong broers wat die naweek in ‘n motor wat herstel moes word, versmoor het, was vriendelik, lewenslustig en baie geliefd.


Só beskryf Godwill Mohlabi, hoof van die Laerskool Tlholo in Botshabelo buite Bloemfontein, die sewejarige Lebo Tau en sy negejarige broer Thapelo.

Hy sê die seuns, wat onderskeidelik in gr.R en gr.1 was, se tragiese dood het as ‘n groot skok vir die skool gekom. Volgens hom word geld nou ingesamel om ‘n begrafnisdiens vir die broers te hou, omdat albei hul ouers werkloos is.

’n Motorwerktuigkundige het Sondagmiddag op vier kinders, wat nie aan hom verwant is nie, afgekom in die motor wat hy op sy erf moes herstel. Die Tau-broers was reeds dood weens ’n tekort aan suurstof en hitte-uitputting, terwyl hul maats, ook twee broers, bewusteloos was.

Volgens die polisie kon die kinders nie die motordeure oopkry nie omdat krag gebruik moes word met die deurhandvatsels. Volwassenes sou die deure van die binnekant af kon oopmaak, maar vir kinders sou dit moeiliker wees.

Polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê die ander twee broers is na ‘n nabygeleë hospitaal gebring. Hul toestand is onbekend. Mholabi sê die ander twee broers is nie van sy skool nie.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.