On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Human Interest

Wyle Dene Smuts was ‘n trotse Vrystater

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:59 Fri, 22 Apr 2016

Wyle Dene Smuts was ‘n trotse Vrystater | News Article
Dene Smuts

Bloemfontein - Die DA se Dene Smuts, wat twee jaar gelede as lid van die parlement uitgetree het, was ‘n trotse Vrystater en oud-leerling aan die Oranje Meisieskool in Bloemfontein.


Die party het bevestig dat dié veteraan-politikus, wat 20 jaar lank ‘n lid van die parlement was, gisteraand skielik oorlede is. Die oorsaak van haar dood is steeds onbekend. Die DA in die Vrystaat se Roy Jankielsohn sê hy en Smuts was destyds kollegas by die ou Demokratiese Party. Hulle was ook van 2000 tot 2006 saam parlementslede vir die DA. Jankielsohn sê Smuts het diep spore in Suid-Afrika se politiek getrap en was nou betrokke by onderhandelinge oor die land se Grondwet.

Sy het die grondwet nie slegs geïnterpreteer nie, maar het eerstehandse kennis daaroor gehad en altyd uit ondervinding gepraat. Jankielsohn sê sy oud-kollega was ook beginselvas en het nie geskroom nie om op te staan teen gesag en vir dit waarin sy geglo het.
 
Jankielsohn sê Smuts het hom vroeër vandeesmaand, toe sy haar alma mater se reünie in Bloemfontein bygewoon het, gevra om ook vir haar ‘n besoek na die Bloemfonteinse wetgewer, oftewel die Vierde Raadzaal in die stad, te organiseer, omdat dit vir haar die mooiste gebou in die land is. Jankielsohn sê dit was vir hom ‘n groot voorreg om die besoek vir Smuts te reël.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.