On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Human Interest

OFM-omroeper met twee skryfpryse vereer

───   KARIEN JORDAAN 14:25 Fri, 27 May 2016

OFM-omroeper met twee skryfpryse vereer | News Article
Irene Fischer/Supplied

Bloemfontein - 'n Voormalige OFM-omroeper, wat ses en 'n half jaar gelede in 'n ernstige motorongeluk was, is gisteraand vereer vir die boek wat sy oor haar lewe geskryf het ná dié ingrypende botsing in Oktober 2009.


Irene Fischer se outobiografie, I am still here, het twee pryse losgeslaan op "The Athol Fugard and JM Coetzee Literary Festival" op Richmond. Sy het die Miriam Tlali-prys vir beste outobiografie ontvang, asook die BookBedonnerd-prys vir die beste selfgepubliseerde boek. Fischer sê hieroor is sy verskriklik opgewonde.    

Sy sê die 75 000 woorde het nie maklik gekom nie. Dit het haar drie jaar en nege maande geneem om te skryf. Sy beskou haarself nie as 'n gebore skrywer nie.

Die boek is reeds in sy tweede druk en 700 eksemplare is al verkoop.

Besoek gerus www.mylifewithabrokenbrain.co.za of http://www.mylifewithabrokenbrain.co.za vir meer besonderhede.

OFM-nuus


- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.