On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Human Interest

Knysna-klapperskieters 'wil nie hoor nie'

───   14:15 Fri, 06 Jan 2017

Knysna-klapperskieters 'wil nie hoor nie' | News Article

Knysna - Wetstoepassers op Knysna het tydens die onlangse nuwejaarsdagvieringe hul hande vol gehad met besighede wat onwettig vuurwerke verkoop.


Boonop blyk dit of vakansiegangers en inwoners hul min aan die wet op die verbod van die afskiet van vuurwerke gesteur het. 

Knysna se waarnemende munisipale bestuurder, Johnny Douglas, sê in ‘n verklaring ten spyte van 13 jaar se konstante waarskuwings dat die afskiet van vuurwerke in die Knysna munisipale gebied onwettig is, inwoners steeds die wet verontagsaam.

Knysna-wetstoepassers het by altesaam 30 winkels op vuurwerke beslag gelê.

Douglas sê Knysna se Wetstoepassing-departement is reeds besig om te werk aan ‘n strategie om die probleem te bekamp.

Hy sê inwoners en besoekers aan Knysna moet besef dat dit onwettig is om vuurwerke af te skiet, nie net op oujaarsaand nie, maar gedurende enige tyd van die jaar.

Louise Karsten/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.