On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Inhuldiging van NK-premier, vertraag

───   14:25 Tue, 30 Apr 2013

Inhuldiging van NK-premier, vertraag | News Article
Christopher Motabogi

Kimberley - Vandag se beplande inhuldiging van die Noord-Kaap se nuwe premier is vertraag.
 
Opposisiepartye het vanoggend aanvanklik geweier om te stem in 'n mosie om vir Hazel Jenkins met Sylvia Lucas te vervang.

Volgens die grondwet moet twee derdes van die 30 wetgewerlede vir die mosie stem dat Jenkins nie langer die provinsie se premier is nie en deur Jenkins opgevolg word. Die stemming het wel later plaasgevind. Agtien lede het vir die mosie gestem en 11 daarteen. Een lid het buite stemming gebly. 

Jenkins het verlede jaar siek geword en is onlangs medies ongeskik verklaar.

Cope se Pakes Dikgetsi sê die ANC-regering het nie die korrekte prosedure gevolg nie.






Podcasts

Pakes Dikgetsi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.