On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Uitspraak verwag in NK Premier-haatspraaksaak

───   06:52 Tue, 30 Jun 2015

Uitspraak verwag in NK Premier-haatspraaksaak | News Article

Upington - Uitspraak word na verwagting vandag in die Gelykheidshof in Upington gelewer in die saak teen die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas.

Lucas word daarvan beskuldig dat sy 'n rassistiese skelwoord tydens 'n amptelike geleentheid gebruik het.
 
Die klag is deur die KhoiSan-groep se Stanley Peterson by die Menseregtekommissie ingedien. Peterson voer aan dat Lucas tydens haar begrotingstoespraak in 2010 op Upington die h-woord gebruik het.
 
Peterson het vroeër aan OFM-nuus gesê hy het besluit om Lucas hof toe te sleep nadat sy nie sanksies van die Menseregtekomissie nagekom het nie.
 
Peterson sê die feit dat die saak voor die hof gedien het is klaar ‘n oorwinning vir die Khoisan-gemeenskap, nadat Lucas se regsverteenwoordigers gevra het dat die saak van die rol geskrap moet word.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.