On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Olifantshoekmoorde: Beskuldigde se borgtogverhoor uitgestel

───   DANE BEISHEIM 18:37 Thu, 08 Oct 2015

Olifantshoekmoorde: Beskuldigde se borgtogverhoor uitgestel | News Article

Kathu - Die man van die ontslape speaker van die Mgcawu-distriksmunisipaliteit se borgtogverhoor is vandag in die Kathu-landdroshof met drie weke uitgestel vir finale argumente en uitspraak.

Thamsanqua Mjila staar vier aanklagte van moord in die gesig, asook aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en brandstigting.

Nokhaya is op 12 Junie in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein oorlede, nadat sy twee weke vroeër ernstige brandwonde opgedoen het toe haar man na bewering petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het in ‘n familielid se huis op Olifantshoek, waar sy na hospitalisasie aangesterk het. Haar twee niggies en haar nege maande oue kleindogter, wat ook in die huis was, het ook aan hul brandwonde beswyk.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu sê Mjila bly in aanhouding in die Kuruman-gevangenis tot en met sy volgende verskyning op 29 Oktober.

Dane Beisheim/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.