On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Block weet watter waardes ANC voorhou – Lucas

───   OWEN KOCK 10:57 Mon, 19 Oct 2015

Block weet watter waardes ANC voorhou – Lucas | News Article

Kimberley - Die gewese Noord-Kaapse LUR vir finansies en provinsiale voorsitter van die ANC, John Block, verstaan die waardes waarvoor die party staan en dit is een van die redes hoekom hy uit altwee dié ampte bedank het.

Dit is volgens Premier Sylvia Lucas en volg nadat Block besluit het om uit alle leierskapsposisies binne die ANC te bedank.

Sy bedanking kom nadat hy verlede week in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind is aan korrupsie en geldwassery in die Trifecta-verhoor.

Vonnisoplegging in die saak begin op 25 Januarie aanstaande jaar. Die ondervoorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, Kenny Mmoiemang, sal as voorsitter waarneem, terwyl daar gewag word om die posisies te vul.

Owen Kock/OFM-nuus
 


Podcasts

Sylvia Lucas :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.