On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde koshuismoeder was borrelende mens

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:08 Wed, 25 Nov 2015

Vermoorde koshuismoeder was borrelende mens | News Article

Dewetsdorp - Die skoolhoof van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum by Dewetsdorp in die Vrystaat, Johnny Erlank, sê die 50-jarige huismoeder wat gister op die skoolterrein vermoor is, was ‘n borrelende mens.


Erlank beskryf Carima Barnard as hardwerkend en joviaal.

Volgens hom was Barnard, ook ‘n bestuurder van ‘n lodge op die skoolterrein, baie lojaal teenoor die skool.

Hy sê ‘n 15-jarige leerling van die skool het gisteraand teenoor die polisie erken dat hy betrokke was by die moord. Volgens Erlank het dié verdagte reeds ‘n verklaring by die polisie afgelê en is in aanhouding in Bloemfontein.

Polisiewoordvoerder, Yanda Ngcukana, sê dieselfde twee leerlinge wat gistermiddag beweer het hulle het op Barnard se lyk by haar bakkie by ‘n dam op die skoolterrein afgekom, is laat gisteraand vir ondervraging ingeneem. Die ander seun is 16 jaar oud.

Ngcukana sê bloedvlekke is op ‘n T-hemp wat aan een van die twee seuns behoort gevind.

Barnard is met ‘n baksteen en ‘n groot klip teen die kop geslaan.

Erlank sê Barnard se dood het as ‘n groot skok gekom en personeel en leerlinge sal vandag berading by die skool ontvang.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.