On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Verskaffing van handboeke nie in weegskaal in VS

───   CATHY DLODLO 15:13 Fri, 27 Nov 2015

Verskaffing van handboeke nie in weegskaal in VS | News Article

Bloemfontein - Die LUR vir finansies in die Vrystaat, Elzabe Rockman, het gister lede van die wetgewer verseker dat die provinsiale onderwysdepartement volgende jaar handboeke en leermateriaal aan skole gaan verskaf.


Sy sê die departement het reeds vergader om die proses te monitor.

Rockman het gereageer op opposisiepartye wat hul kommer uitgespreek het dat die onderwysdepartement nie sy verantwoordelikheid kan nakom nie as gevolg van sy geldknyp.

Intussen het die portefeuljekomitee oor openbare rekeninge en finansies in die Vrystaatse wetgewer die onderwysdepartement beveel om binne drie maande terugvoer te gee oor ‘n polisieondersoek na beweerde bedrog met die toekenning van ‘n tender vir die verskaffing van leermateriaal.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.