On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

DA verwelkom uitspraak van Grondwethof

───   CATHY DLODLO 14:48 Mon, 30 Nov 2015

DA verwelkom uitspraak van Grondwethof | News Article

Potchefstroom - Die DA in Noordwes het die uitspraak van die Grondwethof oor die Tlokwe-tussenverkiesings verwelkom.


Die hof het die verkiesings wat in September 2013 in Potchefstroom plaasgevind het, ongeldig verklaar. Dit kom daarop neer dat die 29 ANC-raadslede tot net 21 afgeskaal moet word en dat die ANC dan nie in die meerderheid in die raad is nie.

Raadslid Hans-Jurie Moolman sê die uitspraak het nou die weg gebaan vir die DA om ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, Kgotso Khumalo, en die speaker, Berei Segetso, in te stel.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.