On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Waterperkings en beurtwater geld steeds op Ficksburg, Marquard en Clocolan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:38 Mon, 30 Nov 2015

Waterperkings en beurtwater geld steeds op Ficksburg, Marquard en Clocolan | News Article

Bloemfontein - Waterbeperkings en die toepassing van beurtwater op Ficksburg, Marquard en Clocolan in die Oos-Vrystaat sal steeds geld sodra watertoevoer na die droogtegeteisterde dorpe herstel word.


Dit kom nadat inwoners se krane sedert Saterdag opgedroog het weens die Caledonrivier se lae watervlakke. Dié rivier is ‘n hoof waterbron vir die gebied.

Die Setsoto-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Tshepiso Ramakarane, sê watertekorte op dié dorpe was te verwagte weens min reën die afgelope jaar. Die munisipaliteit het daarom voorsiening gemaak vir water vanaf die Lesotho Hoogland. Hy sê dié water is gister al beskikbaar gestel. Dit sal binnekort uit die Caledonrivier onttrek, gesuiwer en na reservoirs gepomp word voordat dit teen Woensdag vir inwoners beskikbaar sal wees.

Ramakarane sê daar is al sedert April ‘n tekort aan water in Marquard en Clocolan. Water is toé uit damme in Ficksburg aan die twee dorpe verskaf, waarna waterbeperkings in Mei in werking gestel is. Volgens hom is beurtwater die afgelope drie weke op dié dorpe ingestel.

Watertoevoer is saans van 21:00 tot soggens om 05:00 afgesny. Hy maan inwoners om water deurlopend te bespaar.  

“Mense moet besef dat die Setsoto-munisipaliteit soos baie ander munisipaliteite oor die land heen, ‘n waterskaarste ervaar. Dit is ‘n ramp. ‘n Krisis.” Inwoners moet die waterbeperkings nakom en nie hul grasperke en groentetuine natmaak nie. Inwoners moet ook nie hul motors was nie.

Ramakarane sê swembaddens mag ook nie met water gevul word nie.

OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.