On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

AfriForum oorweeg regstappe teen EFF en ANC oor lied

───   DANE BEISHEIM 16:51 Thu, 21 Jan 2016

AfriForum oorweeg regstappe teen EFF en ANC oor lied | News Article

Potchefstroom - AfriForum is in gesprek met sy regsverteenwoordigers oor moontlike stappe teen die ANC en EFF.


Dit is volgens die burgerregtegroep se adjunkvoorsitter, Ernst Roets, en volg ná die sing van “Kill the Boer, kill the farmer” buite die Parys Landdroshof tydens die borgtogverhoor van vier plaaslike boere verlede week.

Gert van der Westhuizen, Johan Cilliers, sy seun Johan, en Anton Loggenberg word aangekla van die moord op twee vermeende plaasaanvallers. Hulle is uit op R5 000 borgtog en moet weer op 12 Februarie in die hof wees. Roets sê AfriForum sal voortgaan om die families by te staan deur die hofsaak by te woon en sal ook hul regskoste dra. Roest sê daar bestaan ’n algemene wantroue in die regering en polisie se vermoë om plaasaanvalle hok te slaan.

Landdros Leshni Pillay het met die mans se vorige hofverskyning gesê dat daar nie genoegsame bewyse is dat hulle van 'n skedule ses oortreding aangekla kan word nie. Sy het ook die polisie skerp gekritiseer vir die wyse waarop die saak hanteer is. Ondersoekbeampte Isaac Tshabalala het onder kruisverhoor erken daar was nie 'n ooggetuie tydens die beweerde voorval nie. Hy het verder gesê dat die vier mans bloot gearresteer is omdat hulle op die toneel was en aan die polisie bekend is.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.