On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Niemand aangekeer vir Westerbloem-aanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:31 Sat, 30 Jan 2016

Niemand aangekeer vir Westerbloem-aanval | News Article

Bloemfontein - Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op ‘n bejaarde vrou in die Westerbloem-aftreeoord nie.

Dit kom nadat 'n 86-jarige vrou Donderdagoggend omstreeks 07:00 bewusteloos in 'n plas bloed in die sitkamer van haar huis in die aftreeoord gevind is.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die vrou is vermoedelik met 'n stomp voorwerp aangerand. Sy het ook verskeie beserings aan haar lyf opgedoen.

Volgens Marope is dit steeds onbekend hoeveel aanvallers betrokke was. Hy sê die aanval het vermoedelik tussen Woensdagnag en Donderdagoggend plaasgevind.

Marope verduidelik 'n inwoner van die oord het onraad vermoed toe 'n gebreekte skuifdeur opgemerk is. Die vrou se dogter het op haar ma afgekom.

OFM-nuus het Donderdag berig die aanvallers het toegang tot die oord deur 'n betonheining verkry langs 'n vloedwatersloot by die aftreeoord.

Die bestuurder van die aftreeoord, Jannie Nothnagel, het vroeër gesê dit is sover bekend die eerste aanval in bykans twee dekades wat in die aftree oord plaasgevind het.

Nothnagel is al die afgelope 19 jaar by die oord werksaam.

Die bejaarde vrou word in die Mediclinic Bloemfontein behandel, maar op versoek van die familie wil die hospitaal nie kommentaar lewer oor haar toestand nie.

OFM-nuus respekteer die versoek en verswyg haar naam.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.