On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

UV-laboratorium kry gesogte kontrak

───   CATHY DLODLO 16:41 Fri, 05 Feb 2016

UV-laboratorium kry gesogte kontrak | News Article
File photo

Bloemfontein - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Beheerlaboratorium (NBL) vir Biologiese Produkte, wat by die Universiteit van die Vrystaat gesetel is, het ‘n drie jaar lange kontrak van die nasionale regering ter waarde van R53.5 miljoen losgeslaan.


Die laboratorium, die enigste in sy soort in Afrika, is verantwoordelik vir die toetsing van entstowwe voordat hulle op die Suid-Afrikaanse mark geregistreer kan word. Geen entstof mag in Suid-Afrika gebruik word sonder 'n vrystellingsertifikaat, uitgereik deur die Beheerlaboratorium, wat sertifiseer dat die entstof geskik is vir menslike gebruik nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beraam dat daar sowat 5.2 miljoen kinders jaarliks onder die ouderdom van ses  oor die wêreld heen sterf. Van hierdie sterftes, kan 29% deur entstof voorkom word.

Dr. Derek Litthauer sê hierdie kontrak van die nasionale gesondheidsdepartement is baie goeie nuus.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.