On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Soektog na "gevaarlike" ontsnaptes duur voort in NW

───   CATHY DLODLO 10:43 Sat, 06 Feb 2016

Soektog na "gevaarlike" ontsnaptes duur voort in NW | News Article
File photo

Brits - ‘n Uitgebreide soektog na vier ontsnaptes, wat die polisie as gevaarlik beskryf, duur nog voort in Noordwes.


Dit volg nadat die vier verhoorafwagtende mans gister op pad na die landdroshof in Brits uit die polisievangwa ontsnap het.

Gontse Lubisi, Gibson Msimango, Chris Sithole en Alfonso Mpofu het in die ry op die N4-snelweg uit die polisievangwa gespring.

Sithole en Mpofu staan saam met twee ander tereg op vier aanklagte van verkragting, een van moord en een van roof.

Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die moontlikheid dat Lubisi en Msimango betrokke was by ‘n plaasaanval in Noordwes waartydens ‘n bejaarde egpaar vasgebind en gemartel is, vorm deel van die ondersoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.