On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vier ontsnaptes steeds op vrye voet in Noordwes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Mon, 08 Feb 2016

Vier ontsnaptes steeds op vrye voet in Noordwes | News Article
Gallo images

Brits - Die polisie in Noordwes soek steeds na vier verhoorafwagtende verdagtes wat Vrydag uit ‘n polisievangwa by Brits in Noordwes ontsnap het.


Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê Chris Sithole, Alfonzo Mpofu en Gibson Msimango is almal van Zimbabwe, terwyl Gontse Lebese van Ga-Rankuwa is. Hy sê die vier mans het uit die vangwa gespring terwyl hulle deur die polisie van die Mogwase-tronk na die landdroshof op Brits vervoer is.

Volgens Hlathi ondersoek die polisie steeds hoe die mans, almal in hul twintigs, daarin geslaag het om uit die motor op die N4-snelweg te spring. Hy sê die ontsnaptes is saam met vier ander mans in die vangwa vervoer. ‘n Motoris het gesien hoe die mans uit die vangwa spring. Die polisiebeamptes voor in die vangwa is gestop en ingelig.

Sithole en Mpofu staan onderskeidelik tereg op vier aanklagte van verkragting, moord en roof. Msimango en Lebese is in hegtenis geneem vir huisroof. Die polisieondersoek duur voort. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.