On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

DA voer stryd teen kragonderbrekings in Noordwes

───   DANE BEISHEIM 14:54 Mon, 08 Feb 2016

DA voer stryd teen kragonderbrekings in Noordwes | News Article

Brits - Die DA in Noordwes sê hulle sal veg teen Eskom se beplande kragonderbrekings. Die kragverskaffer het bekend gemaak dat hy die toevoer na Madibeng, wat in Brits gesetel is, weens wanbestuur en nie-betaling gaan afsny.


Die munisipaliteit skuld Eskom meer as R22 miljoen. Die party se Leon Basson sê hulle het reeds 'n brief aan die Minister van Finansies geskryf om sy hulp te vra. Die DA gaan, volgens Basson, daarop aandring dat die Nasionale Tesourie Eskom, soos verlede jaar, namens Madibeng betaal.

Basson meen egter dat dit nie ’n volhoubare plan is nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.