On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Oplossings kan gevind word vir munisipaliteite se agterstallige rekenings - Molefe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:45 Wed, 10 Feb 2016

Oplossings kan gevind word vir munisipaliteite se agterstallige rekenings - Molefe | News Article

Bloemfontein - Dit is nie Eskom se begeerte om elektrisiteitstoevoer aan munisipaliteite met agterstallige rekeninge af te sny om hulle sodoende te dwing om geld te betaal nie.


Dit is volgens die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, Brian Molefe, wat vandag ‘n inisiatief deur werknemers van Eskom in die Vrystaat bygewoon het waar skoolskoene aan behoeftige leerlinge van die Laerskool Rekgonne geskenk is. Volgens Molefe wil Eskom nie gemeenskappe wat wel hul munisipale rekeninge vereffen, benadeel weens munisipaliteite se skuld nie.

Dit kom nadat Eskom verlede week aan agt munisipaliteite in die Vrystaat kennis gegee het. Die munisipaliteite skuld sowat R842 miljoen aan die kragvoorsiener. Molefe sê aandag word aan die kwessie gegee.

Hy sê daar is ‘n oplossing vir die probleem as Eskom en provinsiale- en plaaslike regerings nou saamwerk.

Molefe sê die goeie nuus vir verbruikers is dat beurtkrag vir eers iets van die verlede is. Geen beurtkrag het die afgelope ses maande plaasgevind nie en die kans is goed dat dit tot die einde van die jaar so kan voortduur.   

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.