On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Trein en vragmotor bots buite Bloemfontein

───   MARK STEENBOK 16:36 Thu, 11 Feb 2016

Trein en vragmotor bots buite Bloemfontein | News Article
Verskaf

Bloemfontein - ‘n Man het ligte beserings opgedoen toe ‘n trein en sy vragmotor buite Bloemfontein gebots het.


ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê die ongeluk het omstreeks 14:30 naby die Ferreira-kleinhoewes plaasgevind. Stukke van die vragmotor het oor 75 meter verspreid gelê.

Meiring sê die vragmotorbestuurder is uit die voertuig geslinger. Hy is op die toneel vir erge kopbeserings behandel en na die Pelonomi-hospitaal geneem. Niemand in die trein is beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.