On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Parys-moorde: Staatsaanklaer gewaarsku om sy saak in orde te hê

───   DANE BEISHEIM 11:20 Fri, 12 Feb 2016

Parys-moorde: Staatsaanklaer gewaarsku om sy saak in orde te hê | News Article
Johan Cilliers sr., sy seun Johan jr., Anton Loggenberg en Henk Prinsloo (OFM-nuus)

Landdros Leshnee Pillay het vanoggend die Staat gewaarsku dat indien sy ondersoek na die moord op twee beweerde plaasaanvallers met die volgende hofverskyning nie afgehandel is nie, sy die nodige stappe sal moet neem.

Dit volg nadat die saak teen vier boere en 'n polisiekaptein van Parys vanoggend in die plaaslike landdroshof tot 15 April uitgestel is.

Die staat het aangevoer het dat hy steeds wag op uitslae van DNS-toetse, asook ontledings van die beskuldigdes se selfone.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat al vyf beskuldigdes se borgtog van R5 000 verleng is.

Die boere, Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers snr., sy seun Johan jr. en Anton Loggenberg, is in Januarie in hegtenis geneem weens die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, wat verdink is van ’n aanval op Van der Westhuizen se pa, Loedie op sy plaas buite Parys.

Kaptein Henk Prinsloo, wat na bewering die boere gehelp het om die mans te vermoor, is Woensdag in hegtenis geneem en het vanoggend saam met die ander mans in die hof verskyn.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.