On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Saak teen SUT-dosent uitgestel vir verdere ondersoek

───   DANE BEISHEIM 16:08 Fri, 12 Feb 2016

Saak teen SUT-dosent uitgestel vir verdere ondersoek | News Article

Welkom - 'n Dosent aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Welkom het vanoggend vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op ’n aanklag dat hy twee van sy kollegas wou laat vermoor.


Christiaan Oberholzer moet weer op 22 Februarie in dieselfde hof wees.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Oberholzer is in November verlede jaar in hegtenis geneem op ’n aanklag van sameswering tot moord. Oberholzer is die seun van ’n plaaslike regsgeleerde, Obie Oberholzer, en Henriëtte, ’n sielkundige en dosent aan die SUT se Welkom-kampus.

Oberholzer het glo 'n persoon genader om die moorde te pleeg. Die dosente het van die beplande misdaad te hore gekom en die polisie ingelig.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.