On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Twee NW-polisiebeamptes verskyn weens beweerde omkopery

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:09 Thu, 03 Mar 2016

Twee NW-polisiebeamptes verskyn weens beweerde omkopery  | News Article
File photo

Brits - Twee polisiebeamptes, wat na bewering ’n Zimbabwiese burger wat op ’n plaas buite Brits werk, wou omkoop, verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof.


Pitsi Sebelebele en Collen Mauane is vroeër op borgtog van R1000 elk vrygelaat.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Leonard Hlathi, sê hulle het na bewering geld van die Zimbabwiese plaaswerker geëis
omdat sy verblyfvisum in Suid-Afrika verval het.

Hlathi sê die twee polisiebeamptes wat aan diens was, het die Zimbabwiër se meisie na ‘n plaashuis vergesel waar die Zimbabwiër bly. Volgens hom wou die vrou van haar persoonlike items gaan haal, terwyl haar kêrel nie tuis was nie. Hlathi glo die paartjie het ‘n argument gehad.

Hy sê ’n paspoort het op die grond geval, terwyl die vrou haar klere by dié huis ingepak het. Die verdagtes het in die paspoort gesien die Zimbabwiër is onwettig in die land. Hulle het daarop aangedring dat die eienaar van die paspoort ondervra moet word, maar het toe eerder R700 geëis.

Die vrou het toe haar kêrel gebel en ingelig dat die polisiebeamptes geld soek of hom gaan ondervra. Die Zimbabwiër het toe sy werkgewer genader wat die polisie van die twee beweerde korrupte polisiebeamptes in kennis gestel het. Daar is met die polisie gereël dat die R700 aan die verdagtes gegee word. Hulle is toe in hegtenis geneem.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.