On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Parys-moorde: Twee verdagtes borg toegestaan

───   DANE BEISHEIM 11:36 Tue, 15 Mar 2016

Parys-moorde: Twee verdagtes borg toegestaan | News Article
Van links Gert Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg/OFM-nuus

Parys - Al sewe verdagtes wat van die moord op twee vermeende plaasaanvallers by Parys in die Vrystaat aangekla word, sal volgende maand saam in die plaaslike landdroshof verskyn.


Dit nadat Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen Maandag op borgtog van R20 000 elk vrygelaat is. Borgtog is egter geweier aan Gert "Boeta" van der Westhuzen, wat weer in hegetenis geneem is nadat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het.

Volgens Valke-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi staan die drie staan saam met Johan Cilliers sr., sy seun Johan jr., Anton Loggerenberg en Henk Prinsloo, wat reeds vroeër aangekeer is, tereg op die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba het na bewering Boeta se pa, Loedie op sy plaas buite Parys aangeval.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat al sewe aangeklaagtes weer op 15 April in die hof sal verskyn.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.