On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Parys-moordverdagte erken hy was op die toneel

───   DANE BEISHEIM 14:49 Fri, 15 Apr 2016

Parys-moordverdagte erken hy was op die toneel | News Article
Muller van der Westhuizen (Dane Beisheim/OFM-nuus)

Parys - Muller van der Westhuizen, wat gister in hegtenis geneem is in verband met die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, het vandag in ’n verklaring aan die hof gesê dat hy op die toneel aangekom het nadat dié twee reeds vasgetrek was.


Hy het egter ontken dat hy betrokke was by hul dood. Tjixa en Jubeba is oorlede nadat hulle glo aangerand is deur ’n groot groep mans, meestal boere, wat hulle verdink het van ’n aanval op Boeta van der Westhuizen se bejaarde pa, Loedie. Die aanval het plaasgevind op Loedie se plaas Biesiesbult naby Parys. Albei mans het later weens hul beserings gesterf. Dit was vandag Muller se eerste verskyning. Die saak is voor landdros Ronnie Mnguni aangehoor nadat die vorige landdros, Leshni Pillay, vroeër aan die saak onttrek het. Van der Westhuizen is borgtog van R10 000 toegestaan.

Die 19-jarige plaasvoorman moet, tesame met sy medebeskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, Henk Prinsloo, Anton Loggenberg, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, weer op 27 Mei in die hof verskyn. Hul bortog is verleng. Die saak is ook uitgestel vir verdere ondersoek en die moontlike arrestasie van nog ’n beskuldigde.

Intussen is aanklagte van moord teen Johan Cilliers sr. en sy seun Johan jr. teruggetrek. Die staatsaanklaer het die hof versoek om die aanklagte teen die twee terug te trek aangesien daar nie genoeg bewyse is dat hulle by die moorde betrokke was nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.