On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Dekaan as waarnemende regter in Bloemfonteinse hooggeregshof aangestel

───   11:22 Fri, 29 Apr 2016

Dekaan as waarnemende regter in Bloemfonteinse hooggeregshof aangestel | News Article

Bloemfontein - Die Dekaan van die UV se Fakulteit Regsgeleerdheid, prof Caroline Nicholson, is van 18 April tot 20 Mei 2016 as waarnemende regter van die Bloemfonteinse Hoë Hof aangestel.


Die universiteit is trots daarop dat ’n uitnemende akademikus soos prof Nicholson in so ’n belangrike rol aangestel is. Dit is ’n trots wat deur die universiteit, die stad en die streek as geheel gedeel word.

Sedert sy in 2015 die pos as dekaan aanvaar het, het prof Nicholson buitengewone leierskap aan die dag gelê en sydoen dit steeds deur middel van die groot vordering wat sy in die ontwikkeling van die fakulteit, sy personeel en sy studenteprogramme gemaak het.

“Dit is ’n baie groot eer om genooi te word om as regter waar te neem. Die Regter-president, Regter Mahube Molemela, was baie ondersteunend en behulpsaam en ek het gevind dat die hele regbank vriendelik en toeganklik is.  Hulle vrygewigheid om kennis te deel het my inskakeling by die hof vergemaklik en ek vind die werk interessant en uiteenlopend,” het sy gesê.

Prof Nicholson het ’n LLD van die Universiteit van Suid-Afrika en het verskeie navorsingsartikels in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer, met ’n spesifieke belangstelling in familiereg en kinderregte.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.