On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Man in hegtenis ná vrou se lyk in Kimberley gevind is

───   MARK STEENBOK 09:36 Sat, 30 Apr 2016

Man in hegtenis ná vrou se lyk in Kimberley gevind is | News Article

Kimberley - ‘n 39-jarige verdagte van Kimberley sal na verwagting Dinsdag in die Galeshewe landdroshof verskyn nadat die polisie gister op ‘n gru-fonds by ‘n begraafplaas afgekom het.


Polisiewoordvoerder Olebogeng Tawana sê die opgekapte lyk van die verdagte se vrou is gister in drasak in ‘n oop veld in Galeshewe ontdek.

Die vrou is op 17 April deur die verdagte as vermis aangegee by die Kagiso polisiestasie.

Tawana sê die verdagte is kort nadat die lyk verwyder is in hegtenis geneem.

"Ons glo baie sterk dat die verdagte wel op ‘n aanklag van moord moet verskyn, na die moord op sy vrou. Ons het die man in hegtenis geneem nadat die gemeenskap van Soul City, raadslede en die polisie saamgespan het om die lyk op te spoor." 

Tawana voeg by die naam van oorledene sal eers bekend gemaak word nadat ondersoek voltooi en die familie in kennis gestel is.

OFM Nuus





Podcasts

Polisiewoordvoerder Olebogeng Tawana sê die opgekapte lyk van die verdagte se vrou is gister in drasak in ‘n oop veld in Galeshewe ontdek.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.