Local News
Rit 15% langer in Bloemfontein tydens spitstyd─── MARK STEENBOK 10:28 Sun, 01 May 2016
Bloemfontein - Dit blyk dat dit nie net groter stede is wat sukkel met spitsverkeer nie.
Volgens TomTom se 2016-verkeersindeks het Oos-Londen en Bloemfontein naas Kaapstad en Johannesburg die derde en vierde grootste verkeersprobleme in die land.
Die verkeersopeenhopingsvlak in Bloemfontein is op 15%. Dit beteken ’n rit neem 15% langer in vergelyking met buite spitstyd.
‘n Woordvoerder vir TomTom, Jana van der Spuy, sê hulle het met 14-triljoen se data punte, wat oor ag jaar versamel is, gewerk.
Verkeersopeenhopingsvlakke het wêreldwyd met 13% gestyg.
OFM-nuus