On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Werkersdagvierings in PTA & BFN gehou

───   MARK STEENBOK 10:36 Sun, 01 May 2016

Werkersdagvierings in PTA & BFN gehou | News Article

Pretoria - President Jacob Zuma word vandag verwag by die nasionale Werkersdag vieringe by Moretele Park in Mamelodi, Pretoria.


Luidens 'n verklaring van die ANC word Werkersdag wêreldwyd gevier om werkers te vereer vir hul opofferings en om werkerskwessies aan die lig te bring.

Cosatu se tema vir die dag is die viering van 30 jaar van die verdediging van kollektiewe bedinging, werkers, werksgeleenthede en regte.

Intussen sal ongeveer 5 000 lede van die vakverbond Cosatu vandag in Bloemfontein 'n optog hou en verskeie kwessies opper.

Die provinsiale sekretaris in die Vrystaat, Monyatso Mahlatsi, sê die kwessies sluit in afsettings van plase, asook afleggings by Telkom en myne.

'n Memorandum met eise sal by Heroes Park, in Batho Township oorhandig word.

OFM Nuus





Podcasts

pCosatu provinsiale sekretaris in die Vrystaat, Monyatso Mahlatsi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.