On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Vonnisoplegging in John Block-saak begin vandag

───   MARK STEENBOK 06:07 Tue, 03 May 2016

Vonnisoplegging in John Block-saak begin vandag | News Article
Former Northern Cape ANC chairperson John Block/Gallo images

Kimberley - Vonnisoplegging teen die voormalige Noord-Kaapse ANC-hoë, John Block en Trifecta Holdings se direkteur Christo Scholtz, wat onder meer aan korrupsie skuldig bevind is, begin na verwagting vandag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof.


Regter Violet Phatsoane het tydens 'n vroeëre verskyning beslis dat 'n aansoek deur die batebeslagleggingseenheid eers afgehandel moet word voordat vonnisoplegging kan begin.

Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Mashudu Malabi, sê dié eenheid het vroeër aansoek gedoen om die bates van Block en Scholtz verbeurd te verklaar. Volgens die staat kan die bates waarop beslag gelê kan word tussen R600-miljoen en R700-miljoen beloop.

Block is die gewese Noord-Kaapse LUR vir finansies, die provinsiale ANC voorsitter en 'n ANC-LPW in die Noord-Kaapse wetgewer. Hy het uit al sy posisies bedank nadat hy skuldig bevind is.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.