On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Openbare Beskermer maak dalk Ace-verslag bekend

───   CATHY DLODLO 13:23 Tue, 03 May 2016

Openbare Beskermer maak dalk Ace-verslag bekend | News Article
Thuli Madonsela/OFM News

Bloemfontein - Die Openbare Beskermer se verslag oor die multi miljoenrandse Operasie Hlasela-projek van die Vrystaatse Premier, Ace Magashule, gaan dalk vandeesweek openbaar gemaak word.


Dit volg nadat die ondersoek meer as vier jaar gelede begin is. Thuli Madonsela het in 2011 aangedui dat die Vrystaatse provinsiale regering se vlagskipprogram – Operasie Hlasela – wat dienslewering bevorder en uit Magashule se kantoor bestuur word, ondersoek gaan word.

‘n Gesamentlike versoek deur opposisie-partye is aan haar kantoor gestuur. Madonsela se kantoor het nou aangedui dat daar Donderdag drie verskillende verslae bekendgemaak gaan word oor klagtes in verband met die beweerde versuim om onderskeid te tref tussen die regering en die regerende party. Roy Jankielsohn van die DA sê dit is juis waaroor die klagte gehandel het.

Ons hoop van die uitstaande Vrystaatse verslae gaan deel wees van die verslae wat deur die Openbare Beskermer bekendgemaak gaan word. Dit is al baie lank uitstaande en hopelik sal ons uiteindelik weet wat die bevindinge is.

Daar is ‘n hele paar verslae – insluitend die Hlasela-verslag – uitstaande en ons hoop van hulle gaan vandeesweek openbaar gemaak word hoewel daar ander is wat vir ons meer belangrik is as dié een.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.