On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bob Hewitt appèluitspraak voorbehou

───   15:44 Tue, 03 May 2016

Bob Hewitt appèluitspraak voorbehou  | News Article

Bloemfontein - Die Appèlhof in Bloemfontein het uitspraak in die Bob Hewitt verkragtingsaak voorbehou.


Die voormalige internasionale tenniskampioen het appèl aangeteken teen sy ses jaar gevangenisstraf vir die verkragting van twee meisies en die seksuele aanranding van 'n derde meisie in die 80s en 90s.

Hewitt se advokaat, Johan Engelbrecht, het die hof gevra om sy ouderdom en gesondheid in ag te neem asook wat langtermyn gevangenisstraf moontlik aan hom kan doen.

Die Appèlhof het gehoor dat die strafhof nie genoeg aandag aan Hewitt se ouderdom van 76 jaar as strafversagting gegee het in die bepaling van vonnis nie. Engelbrecht het ook betoog dat die strafhof te veel aandag aan die ernstige aard van die oortredings gegee het. Vir die staat het adv.

Carina Coetzee betoog dat die strafhof reeds sy ouderdom en gesondheidstoestand in ag geneem het in sy ses jaar vonnis. Sy sê 'n persoon met 'n harttoestand kan wel in die tronk behandel word. Sy het bygevoeg dat Hewitt se gesondheid hom nie verhinder om 'n sitrusplaas te bestuur nie.

Coetzee het ook bygevoeg dat daar nie iets bestaan soos 'n minder ernstige verkragting en 'n ernstige verkragting nie.

André Grobler/OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.