On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bfn-gemeenskap maak harte oop vir ses mans ná brand

───   MARK STEENBOK 14:23 Thu, 05 May 2016

Bfn-gemeenskap maak harte oop vir ses mans ná brand | News Article
Verskaf/Pieter Jacobs

Bloemfontein - Die ses bejaarde mans van Bloemfontein, wat vanoggend ligte tot erge brandwonde opgedoen het nadat die Wendy-huis waarin hulle bly, afgebrand het, is in ‘n bestendige toestand.


AfriForum-buurtwag se Charl Coetzee sê die brand het net ná 07:00 in Rietkooistraat in Pellissier uitgebreek. Die oorsaak is onbekend. Twee van die mans het derdegraadse brandwonde opgedoen. Die ander vier is deur paramedici vir ligte brandwonde en rookinaseming op die toneel behandel. Coetzee sê die gemeenskap het reeds komberse, klere en ander benodigdhede vir die mans ingesamel.

“Hulle was in ‘n stabiele toestand toe die paramedici hulle weggevat het. Ons vertrou dat hulle reg sal wees. Ons het vanoggend AfriForum-buurtwag se groepe gevra of daar nie mense is wat kan uithelp met klere, matrasse en komberse sodat die mense deur die koue winternag kan kom nie. Ons het fantastiese terugvoer van die mense gekry en ons gaan nou, vanaand ses-uur, dit aan hulle oorhandig,” sê Coetzee.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.